Lewer 25-30 koekies

Bereiding: 15 min.

Verkoel: 30 min.

Bak: 8 min.

500 ml (2 k) bruismeel

250 ml (1 k) bruinsuiker

160 g koue botter

’n bietjie koue water

Speserye

10 ml (2 t) kaneel

1 ml (¼ t) fyn naeltjies

2,5 ml (½ t) gemmer

5 ml (1 t) gemengde speserye

2,5 ml (½ t) neutmuskaat

1 ml (¼ t) komyn

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.

  1. Speserye Meng die speserye in ’n verseëlde bottel.
  2. Meng die meel, suiker en 10 ml (2 t) van die speserymengsel. Vryf in die botter, voeg die water bietjie vir bietjie by die meel en meng tot ’n ferm deeg.
  3. Bedek met kleefplastiek en verkoel 30 min.
  4. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en sny die gewenste vorms uit. Sit vir 15 min. in die yskas. Bak die koekies dan 8 min. of tot bruin.
  5. Pak op ’n afkoelrak en laat afkoel.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers