kaaskoek-main

LEWER 1 middelslagkaaskoek

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Verkoeltyd: 2-3 uur

KORS

1 pakkie (200 g) Tennisbeskuitjies, fyn gemaak

30-45 ml (2-3 e) gesmelte botter of margarien

VULSEL

1 bakkie (250 g) gladde maaskaas

1 blikkie (385 g) kondensmelk

125 ml (½ k) suurlemoensap of na smaak

250 g aarbeie, gehalveer vir versiersel

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. KORS Meng die Tennisbeskuitjies en botter en druk vas in ’n losboompan van 20 cm.
  2. VULSEL Meng al die vulselbestanddele goed saam en giet in die voorbereide kors.
  3. Bak 15 minute. Laat afkoel en verkoel tot gestol. Versier met aarbeie.

WENK

Maak ’n compote deur dit saam met ’n bietjie suiker tot stroperig te kook en skep op die koek.