Maak ’n middelslag-koek

Bereiding: 20 minute

Baktyd: 30 minute

KOEK

3 eiers, geskei

130 ml (110 g) strooisuiker

60 ml (¼ k) lemoensap (sap van 2-3 lemoene)

skil van 2 lemoene

1 ml (¼ t) amandelgeursel

1 pakkie (100 g) gemaalde

amandels

90 ml (50 g) koekmeel

’n knippie sout

15 ml (1 e) strooisuiker

110 g botter, gesmelt

VERSIERSEL 

200 g botter200 g donkersjokolade, in blokkies gebreek

amandelvlokkies, gerooster vir bo-oor

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n 20 cm-koekpan met

botter of margarien en bestuif met koekmeel.

KOEK

Klits die eiergele en strooisuiker saam tot lig en dik.

Voeg die lemoensap, -skil en amandelgeursel by en klits goed.

Vou die amandels in en meng goed. Sif die koekmeel oor en meng goed.

Klits die eierwitte en sout tot sagte punte vorm, voeg die strooisuiker by en klits tot stywe punte vorm.

Vou die gesmelte botter in met ’n rubberspatula, meng ’n kwart van die eierwitmengsel by en vou die res liggies in.

Skep in die voorbereide pan.

Bak sowat 30 minute tot die koek goudbruin van bo is en tot ’n toetspen skoon uit die middle van die koek kom.

Laat dit daarna 10 minute in die pan afkoel, sny ligweg met ’n messie al om die kante en keer uit op ’n draadrak waaroor ’n doek gegooi is.

Keer dadelik weer omsodat die  bokant na bo wys en laat afkoel.

VERSIERSEL

Smelt al die bestanddele saam oor lae hitte en roer aanhoudend tot glansend.

Koel af tot stewig en klop weer goed.

Hou verkoel.

Smeer oor die koek en rond af met geroosterde amandelvlokkies.