Lewer 1 groot brood Bereiding: 30 minute Gaarmaaktyd: 1 uur Staantyd: 1-1½ uur

  • 15 ml (1 e) kitssuurdeeg
  • 12,5 ml (2½ t) suiker of heuning
  • sout
  • 500 ml (2 k) lou warm water, of genoeg vir kniebare deeg
  • 1 kg witbroodmeel
  • 125 ml (½ k) melkpoeier
  • 15 g botter

  1. Los die suurdeeg, suiker of heuning en sout op in 250 ml lou water.
  2. Meng die meel en melkpoeier goed saam.
  3. Smelt die botter en roer saam met die res van die water by die meel in.
  4. Voeg die suurdeegmengsel by die meelmengsel en knie goed.
  5. Laat rys tot dubbel die oorspronklike grootte en knie die deeg af.
  6. Smeer jou hande met ’n bietjie olie en smeer ’n swart platboompot daarmee.
  7. Plaas die deeg in die pot en laat dit weer sowat 30-40 minute rys.
  8. Smeer die pot se deksel met olie en sit die deksel op.
  9. Maak ’n gat in die grond wat groot genoeg dat die pot daarin kan pas. Sit ’n paar kole in die gat en laat sak die pot versigtig in die gat.
  10. Gebruik hout wat lank sy hitte behou, soos doringhout of hardekool. Sit ’n paar kole op die deksel en bak die brood sowat 1 uur of tot gaar.