Lewer 12 skywe

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 40 minute

Afkoeltyd: Oornag

KORS

12 Tennis-beskuitjies, fyngedruk

60 ml (¼ k) suiker

5 ml (1 t) fyn kaneel

80 ml (? k) botter, gesmelt

VULSEL

3 houers (250 g elk) roomkaas, sag gemaak

80 ml (? k) suiker

80 ml (? k) suurroom

45 ml (3 e) koekmeel

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

3 eiers

225 g witsjokolade, gesmelt

60 ml (¼ k) frambooskonfyt

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.

2 Kors: Meng al die bestanddele in ’n bak. Druk die mengsel op die bodem van ’n gesmeerde 20 cm-veerkoekpan vas.

3 Vulsel: Klits die roomkaas en suiker tot glas. Klits die suurroom, meel en vanielje-ekstrak in. Voeg die eiers by en meng goed. Vou die sjokolade in. Giet die mengsel oor die voorbereide kors.

4 Smelt die konfyt en roer tot glad. Laat val dit met ’n teelepel op die vulsel en roer met ’n steekpen.

5 Vou foelie om die veerpan en sit dit in ’n roosterpan half vol warm water. Bak 40 minute of tot die middel geset het. Bedek en sit oornag in die yskas.

- Hope Malau