Lewer 1 koek

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 25 minute

225 g botter

375 ml (1½ k) strooisuiker

4 eiers

310 ml (1¼ k) bruismeel

80 ml (? k) kakaopoeier

2 ml (½ t) bakpoeier

VERSIERSEL

500 g roomkaas

125 ml (½ k) versiersuiker

80 ml (? k) frambooskonfyt

vars frambose

kruisementtakkies vir garnering

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 losboom-koekpanne van 20 cm elk.

2 Klits die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging.

3 Sif die meel, kakaopoeier en bakpoeier in. Vou dit by die beslag in tot goed gemeng.

4 Verdeel die beslag tussen die koekpanne en sprei egalig uit.

5 Bak 25 minute of tot die koeke mooi gerys het en van die panne se kante af begin wegtrek. Haal uit en laat afkoel.

6 Sodra hulle afgekoel het, sny elke koek horisontaal deur met ’n getande mes.

7 Versiersel: Klits die roomkaas, versiersuiker en konfyt tot goed gemeng. Voeg die helfte van die frambose by en vou in.

8 Smeer ’n laag koek met versiersel en bedek met nog ’n laag koek en versiersel. Herhaal tot al die koek en versiersel gebruik is. Garneer met die oorblywende frambose en takkies kruisement.

- Hope Malau