Lewer 16 klein tertjies (1 tertjie = 1 porsie)

Bereiding: 10-15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

4 velle filodeeg

gesmelte botter of kossproei

3 eiers

100 ml suiker

125 ml (½ k) suurlemoensap

10 ml (2 t) fyn gerasperde suurlemoenskil

1 blikkie (65 g) grenadellapulp

80 ml (¹/³ k) room

knippie sout

ekstra grenadellapulp vir versiering

  • Voorverhit die oond tot 160 °C.
  • Spuit die 18 holtes van klein kolwyntjiepanne.

  1. Smeer die velle filodeeg met botter of spuit met kossproei. Plaas twee-twee op mekaar en knip in 8 vierkante. Druk in die holtes
  2. van die kolwyntjiepanne om ’n bakkie te vorm.
  3. Klits die res van die bestanddele saam en giet in die filobakkies.
  4. Bak 20 minute tot gaar en gestol.
  5. Versier met ekstra grenadellapulp indien verkies.