Maak 4 tertjies

Bereiding: 7 minute

Gaarmaaktyd: 8 minute

DEEG

gesmelte botter vir smeer

6 velle filodeeg

fyn amandels vir oorsprinkel

VULSEL

60 ml (¼ k) bruinsuiker

1 blik (400 g) tertappels

goeie hand vol droë bosbessies en/of sultanas

AFRONDING

kaneelsuiker

Voorverhit die oond tot 190 °C.

DEEG Smeer met ’n kwassie gesmelte botter oor elke vel filodeeg, sprinkel die amandels ligweg oor en pak op mekaar.

Sny in 4 blokke. Plaas die blokke op ’n bakplaat.

VULSEL Meng die bruinsuiker, tertappels en bosbessies en/of sultanas.

AFRONDING Verdeel die vulsel tussen die 4 blokke.

Vou die filodeeg lossies toe sodat van die vulsel uitloer. Sprinkel kaneelsuiker oor die bokant.

Bak sowat 8 minute tot die deeg goudbruin is.

Sit voor met styfgeklopte room of roomys.