LEWER 1 KOEK (16 SNYE)

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 50 minute

KOEK

125 g margarien, gesmelt

15 ml (1 e) witasyn

400 ml water

100 ml sterk koffie

10 ml (2 t) vanieljegeursel

750 ml (3 k) bruismeel

5 ml (1 t) koeksoda

80 ml (¹/³ k) kakao

5 ml (1 t) sout

375 ml (1½ k) suiker

VERSIERSEL

60 ml (¼ k) margarien

30 ml (2 e) melk

5 ml (1 t) koffiepoeier

2 ml (½ t) vanieljegeursel

375 ml (1½ k) versiersuiker

15 ml (1 e) kakao

Flake-sjokolade vir versiering

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n koekpan van 20 cm en bestrooi met meel.

  1. KOEK Klits die margarien,asyn, water en koffie saam. Voeg die vanieljegeursel by.
  2. Sif die droë bestanddele saam en meng die suiker deur. Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng goed tot glad.
  3. Giet in die pan, maak gelyk en bak sowat 50 minute.
  4. Laat effens afkoel en keer uit op ’n draadrak.
  5. VERSIERSEL Smelt die margarien en melk en voeg die koffie en geursel by. Sif die suiker en kakao by en meng goed tot glad. Smeer oor die koek en versier met die Flake.

Adriaan Wessels van Krugersdorp het hierdie resep met ons gedeel.