Lewer 14 pannekoeke

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

250 ml (1 k) bruismeel

60 ml (¼ k) strooisuiker

2,5 ml (½ t) koeksoda

375 ml (1½ k) melk

20 g botter, gesmelt

5 ml (1 t) appelasyn

5 ml (1 t) vanieljegeursel

gemengde bessies en stroop vir opdiening

1.    Sif die meel, suiker en koeksoda in ’n mengbak. Voeg die melk, botter, asyn en vanielje by die meelmengsel en klits tot glad.

2.    Verhit ’n kleefvrye pan met ’n bietjie olie in oor matige hitte. Skep 60 ml (¼ k) van die beslag in die warm pan, braai 2 minute en draai met ’n eierspaan om. Braai nog 2 minute. Plaas op ’n bord en herhaal die proses met die res van die beslag.

3.    Besprinkel die pannekoeke met die bessies en bedruip met die stroop wanneer jy dit voorsit.

- Hope Malau