Lewer 1 brood

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 45-50 minute

Koek

2 eiers

180 ml (¾ k) suiker

125 ml (½ k) olie

125 ml (½ k) melk

310 ml (1¼ k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

60 ml (¼ k) kakao

5 ml (1 t) kitskoffiepoeier

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Versiersel

45 ml (3 e) kakao

180 ml (¾ k) versiersuiker

35 ml (7 t) aangemaakte koffie

sjokoladekrulle vir afronding (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan van 20 x 10 cm.

  1. Koek Plaas al die bestanddele in ’n groot mengbak en klits sowat 3 minute goed met ’n elektriese
  2. klitser tot al die bestanddele goed gemeng en glad is.
  3. Giet in die voorbereide pan en bak 45-50 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
  4. Laat effens in die pan afkoel en keer op ’n draadrakkie uit om heeltemal af te koel.
  5. Versiersel Klits al die bestanddele behalwe die sjokoladekrulle saam en giet oor die koek. Sprinkel sjokoladekrulle oor indien verkies.