Genoeg vir 8 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

3 eiers

2 ml (½ t) sout

250 ml (1 k) suiker

80 ml (¹/³ k) olie

15 ml (1 e) botter

5 ml (1 t) bakpoeier

250 ml (1 k) koekmeel

100 ml karringmelk

2 blikke (400 g elk) tertappels, gedreineer

STROOISEL

knippie fyn kaneel

knippie fyn naeltjies

50 ml rosyntjies

SOUS

30 ml (2 e) botter

180 ml (¾ k) melk

180 ml (¾ k) suiker

Voorverhit die oond tot 170 °C.

Smeer twee tertborde of -bakke met botter.

Klits die eiers en sout met ’n elektriese klitser. Voeg die suiker bietjie vir bietjie by terwyl aanhoudend geklits word.

Plaas die olie en botter in ’n mikrogolfbak en mikrogolf tot gesmelt. Voeg by die eiermengsel.

Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die karringmelk by die eiermengsel. Meng goed.

Versprei die appels in die voorbereide tertborde en giet die beslag bo-oor.

STROOISEL Meng al die bestanddele saam en sprinkel oor die terte. Bak 45 minute in die verhitte oond.

SOUS Kook al die bestanddele saam en skep lepels vol oor die tert terwyl dit nog warm is. Sit warm of koud voor saam met room of roomys.