Deur Pauline Schreuder

Lewer 12 kolwyntjies

Bereidingstyd: 15 minute

Baktyd: 15-20 minute 

125 g sagte botter

200 ml suiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

2 ekstra groot eiers

500 ml (2 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

1 ml (¼ t) sout

160-180 ml (?-¾ k) melk

gewone botterversiersel

stringe droplekkers, in draadjies getrek en gesny

1 Voorverhit die oond tot 190 °C.

2 Pak papierbakkies in die holtes van ’n diep muffinpan. Klits die botter en suiker saam tot lig en romerig. Klits die vanieljegeursel en eiers by. Klits goed.

3 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout drie keer saam. Vou die droë bestanddele om die beurt met die melk by die bottermengsel in, skep in die papierbakkies en bak sowat 15-20 minute of tot gaar en ’n toetspen skoon uit die middel van die kolwyntjies kom.

4 Laat afkoel en versier met die botterversiersel. Rond af met die draadjies drop.