Lewer 15

Bereiding: 15 min.

Bak: 25 min.

200 g donkersjokolade (70 persent kakao), gekap

150 g ongesoute botter

125 g donkerbruin suiker

125 g strooisuiker

4 eiers

200 ml (¾ k) meel

30 ml (2 e) kakaopoeier

’n knippie sout

100 g Double Decker-sjokolade (wit-en-melksjokolade), in blokkies gesny

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n vierkantige bakpan van 23 cm en voer dit met bakpapier uit.
  2. Verhit water in ’n kastrol oor matige hitte tot dit begin prut.
  3. Plaas die stukke donkersjokolade in ’n hittebestande pat oor die water en sorg dat die bak nie aan die water raak nie. Roer die botter in en verhit tot die sjokolade en botter gesmelt het. Sit eenkant.
  4. Klits die suikers in die gesmelte sjokolademengsel in en voeg die eiers by. Klits tot borrelrig.
  5. Sif die meel, kakaopoeier en sout saam in ’n aparte bak en vou die droë bestanddele sagkens in die sjokolademengsel in tot gemeng.
  6. Giet die geslag in die voorbereide bakpan in. Strooi die blokkies dubbelsjokolade oor en bak 25 minute. Laat in die pan afkoel, haal uit en sny in vierkante.

Deur Hope Malau