Almal in Huisgenoot se kantore was gaande oor dié koek. Dis ’n donkerder as donker koek, met ’n roomkaasversiersel wat lyk soos die skuimkop van bier en absoluut heerlik is hierby.

Die oorspronklike resep is van Nigella Lawson, maar ons het hom aangepas hier in die toetskombuis tot ons tevrede was met ons eie skepping.

Lewer 1 koek

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 45-60 minute

KOEK

250 ml (1 k) stout bier

250 g botter

180 ml kakao

500 ml (2 k) strooisuiker

140 ml suurroom

2 eiers

5 ml (1 t) vanieljegeursel

500 ml (2 k) koekmeel

12 ml (2½ t) koeksoda

VERSIERSEL

250 g roomkaas

100 ml versiersuiker

25 g botter, gesmelt

20 ml (4 t) melk

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer of spuit ’n 23 cm-losboompan.

BESLAG

Giet die bier en botter in ’n kastrol en verhit tot gesmelt. Verwyder van die hitte.

Sif die kakao by en voeg die suiker by. Klits goed. Klits die room, eiers en vanieljegeursel saam en klits by die biermengsel in.

Sif die meel en koeksoda oor en vou in.

Skep in die voorbereide pan, maak gelyk en bak 45-60 minute. (Dis ’n donker, klam koek.) Laat heeltemal afkoel in die pan.

VERSIERSEL

Meng die roomkaas en versiersuiker. Roer die botter en melk by en meng goed. Keer die koek uit en skep die versiersel op die afgekoelde koek.

Vir ’n dubbellaagkoek (soos op die foto): Verdubbel die bestanddele en bak twee koek

Volg Huisgenoot op Twitter.