Lewer 1 groot of 2 klein ringkoeke

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 1-1½ uur

KOEK

500-625 ml (2-2½ k) witsuiker

250 ml (1 k) olie

4 jumbo-eiers

500 g koekmeel

10 ml (2 t) koeksoda

10 ml (2 t) fyn kaneel

2 ml (½ t) sout

500 g wortels, grof gerasper

250 g pynappel, fyngemaak, of geblikte pynappel, gedreineer

250 g okkerneute of pekanneute, grof gekap (hou 50 g eenkant)

125 g (1½ k) klapper

10 ml (2 t) lemoenskil, fyn gerasper

5 ml (1 t) vanieljegeursel

VERSIERSEL

45 ml (3 e) vars suurlemoensap

100 g versiersuiker 2 houers (250 g elk) roomkaas 50 g botter, gesmelt Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer een groot 25 cm-ringkoekpan of twee 22 cmringkoekpanne goed met margarien of spuit met kossproei. Bestuif met koekmeel.

  1. KOEK Verroom die suiker en olie. Voeg die eiers by en klits tot romerig. Sif die droë bestanddele saam en vou in by die suikermengsel. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed met ’n houtlepel.
  2. Giet in die voorbereide pan(ne) en bak 1-1½ uur of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat effens afkoel in die pan en keer dan uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
  3. VERSIERSEL Meng die sap en versiersuiker by die roomkaas in tot glad. Smelt die botter en meng warm by. Smeer dik oor die koek en besprinkel met die orige neute.