Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 40 min.

125 g botter

125 ml (½ k) strooisuiker

2 eiers

125 ml (½ k) gemengde bessiesap

125 g meel

5 ml (1 t) kaneel

’n knippie fyn naeltjies

5 ml (1 t) kakao

5 ml (1 t) bakpoeier

100 g donkersjokolade, gerasper

STROOP

60 ml (¼ k) water

30 ml (2 e) strooisuiker

125 ml (½ k) bessiesap

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n ronde 20 cm-koekpan.

  1. Klop die botter en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by terwyl jy goed klits ná elke byvoeging. Voeg die sap by en meng goed.
  2. Sif die meel, kaneel, fyn naeltjies, kakao en bakpoeier in ’n mengbak. Voeg die gesifte bestanddele ’n eetlepel op ’n slag by die sapmengsel en meng goed ná elke byvoeging.
  3. Vou die gerasperde sjokolade by die koekbeslag in. Gooi die beslag in die gesmeerde koekpan en bak 40 min. of tot ferm wanneer liggies gedruk word. Keer uit op ’n draadrak om af te koel.
  4. Stroop: Gooi die water en strooisuiker in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Voeg die bessiesap by en roer. Giet die stroop in die koekpan in en sit die koek terug in die pan. Haal die koek weer uit wanneer al die stroop opgesuig is.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers