Wenresep deur Laura Ford (14 November 2013-uitgawe)

Lewer 12 groot of 24 klein vierkante

Bereidingstyd: 15 minute

Baktyd: 25-30 minute

160 g botter

200 g gewone sjokolade

250 ml (1 k) strooisuiker

3 eiers

125 ml (½ k) koekmeel, gesif

125 ml (½ k) kakaopoeier, gesif

100 g wit sjokoladeknopies of 100 g wit sjokoladeblok

100 g amandelvlokkies

versiersuiker vir bestrooi

Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ’n bakplaat van 33 x 21 cm met bakpapier uit.

  1. Smelt die botter en die sjokolade afsonderlik.
  2. Klits die suiker en eiers saam en voeg die sjokolade en botter by terwyl jy roer tot goed gemeng.
  3. Voeg die gesifte meel en kakao , wit sjokolade en neute by.
  4. Giet in die bakpan en bak 25 tot 30 minute. Laat effens afkoel. Sny dan in vierkante en bestrooi met versiersuiker.