GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

400 g skilferkorsdeeg, gekoop

1 eier, geklits

150 g cheddarkaas, gerasper

250 g repiesspek

80 ml (? k) bruinsuiker

sout en vars gemaalde peper

1.     Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

2.     Maak ’n vel skilferkorsdeeg op ’n snyplank oop. Verf die oppervlak liggies met van die geklitste eier.

3.     Bestrooi die oppervlak met kaas sodat die hele oppervlak egalig met kaas bedek is. Druk die kaas liggies in die skilferkorsdeeg in.

4.     Sny die deeg in lang repe. Plaas ’n stuk spekvleis op elke strook, vou dit middeldeur en knyp die punte saam. Draai elke reep versigtig verskeie kere.

5.     Pak dit op die bereide bakplaat. Herhaal met die oorblywende skilferkorsdeeg en spekvleis tot alles gebruik is.

6.     Bestrooi die vlegsel oraloor met die bruinsuiker, sout en vars gemaalde peper. Bak 20 min.

Deur Hope Malau

Foto's: Megan Miller