Lewer sowat 28 balletjies

Bereidingstyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 5-10 minute

500 g dadels, fyn gekap

50 g appelkosies, fyn gekap

125 ml (½ k) rooibostee

150 ml (½ k) klapper

60 ml (¼ k) kakao

15 ml (1 e) rou heuning

100 g rou heel amandels

kakao, amandelbrokkies of

klapper om balletjies in te rol

  1. Kook die dadels en appelkosies in die rooibostee tot sag en alle vloeistof weggekook het. Kap fyn in die voedselverwerker.
  2. Voeg die klapper, kakao en net genoeg heuning by om ’n stywe pasta te maak.
  3. Vorm in klein balletjies, met ’n heel amandel in elk.
  4. Rol in die kakao, amandelbrokkies of klapper en verkoel.