My wenke vir die volmaakte koek: Gebruik dieselfde koppie om die bestanddele af te meet en gebruik eiers teen kamertemperatuur, nie uit die yskas nie. Maak ook seker dat jy twee ronde 20 cm-koekpanne gebruik. Wanneer die koek afgekoel het, moet elkeen horisontaal middeldeur gesny word sodat jy vier lae het.”

1 k (250 ml) koekmeel

2 e (30 ml) kakaopoeier

2 t (10 ml) bakpoeier

1 k (250 ml) strooisuiker

½ k (125 ml) kanola-olie

½ k (125 ml) kookwater

4 ekstragroot eiers, geskei

1 t (5 ml) bakpoeier

VERSIERSEL

1 blikkie (360 g) karamelkondensmelk

3 e (45 ml) appelkooskonfyt

2 e (30 ml) droë klapper

4 k (4 x 250 ml) versiersuiker

¼ k (60 ml) kakaopoeier

250 g botter, teen kamertemperatuur

2 t (10 ml) rumgeursel (opsioneel)

sowat 5 e (75 ml) water

kersies en geroosterde, gevlokte amandels vir versiering

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer en voer die koekpanne uit.

Sif die meel, kakao, bakpoeier en strooisuiker saam in ’n bak.

Meng die olie en water en voeg dit by die droë bestanddele.

Klits die eiergele en voeg dit by die mengsel.

Meng goed.

Gebruik ’n skoon klitser en klits die eierwitte en bakpoeier saam tot styf.

Vou dit liggies by die beslag in.

Verdeel die beslag tussen die twee voorbereide panne.

Bak 20-25 minute of tot die koeke van die panne se kante af loskom.

Keer dit op ’n afkoelrak uit en laat afkoel voor jy dit in vier lae verdeel.

VERSIERSEL

Meng die caramel en appelkooskonfyt.

Verdeel die mengsel in die helfte en voeg klapper by die een helfte.

Sif die versiersuiker en kakao saam.

Klop die botter tot romerig en voeg die versiersuikermengsel geleidelik by.

Voeg die rumgeursel (indien gebruik) en water by en klits.

Voeg nog ’n bietjie water by as dit te styf is.

Sit die onderste laag op ’n opdienbord.

Smeer ’n kwart van die versiersuikermengsel oor.

Sit die tweede laag op en smeer die karamel-en-klappermengsel daaroor.

Sit die derde laag op en smeer met nog ’n kwart van die versiersuikermengsel.

Sit die laaste laag op en smeer die karamel- en-konfytmengsel daaroor.

Versier die koek se kante met die oorblywende versiersuikermengsel.

Versier met kersies en geroosterde amandelvlokkies.