Genoeg vir 8-10 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

Staantyd: 1 uur

2,5 kg koekmeel

2 pakkies (15 g elk) kitsgis

2 pakkies (60 g elk) wituiesop

10 ml (2 t) droë pietersielie

15 ml (1 e) sout

2 liter louwarm water

500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper

ekstra meel

  1. Meng die meel, kitsgis, 1 pakkie sop, pietersielie en sout goed.
  2. Giet die louwarm water by die meelmengsel en roer tot goed gemeng. Knie sowat 5 minute.
  3. Laat sowat 30 minute staan sodat die deeg kan rys.
  4. Knie die deeg af, vorm ’n groot bal en sit dit in ’n gesmeerde platboompot. Laat sowat 30 minute rys.
  5. Sprinkel die ander pakkie sop en kaas oor. Smeer die deksel en maak die pot toe.
  6. Bak die brood op matige kole en sit ook ’n paar kole op die deksel. Bak sowat 1 uur of tot gaar. (Bak die brood in ’n voorverhitte oond teen 200 °C indien verkies.)