Genoeg vir: 6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 32 min.

125 ml (½ k) kookwater

125 g dadels, ontpit en gekap

2.5 ml (½ t) koeksoda

60 ml (¼ k) botter

125 ml (½ k) bruinsuiker

1 eier, geklop

250 ml (1 k) meel, gesif

2.5 ml (½ t) bakpoeier

’n knippie sout

2.5 ml (½ t) fyn kaneel

1 ml (¼ t) fyn gemmer

’n knippie neutmuskaat

50g gemengde neute, gekap

Brandewynsous

125 ml (½ k) bruinsuiker

10 g botter

1 stuk pypkaneel

60 ml (¼ k) water

60 ml (¼ k) brandewyn

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 20 cm-bakskottel.

  1. Skink kookwater en plaas die dadels in ’n kastrol en laat kook. Verwyder van hitte, voeg die koeksoda by en meng goed. Laat afkoel.
  2. Meng die botter, suiker en eier tot dit ’n gladde mengsel vorm. Voeg die meel, bakpoeier, sout, kaneel, gemmer en neutmuskaat by en vou in by die bottermengsel.
  3. Voeg die geweekte dadels en neute by en meng goed. Bak 30 min. of tot die middel terugspring wanneer jy daarop druk.
  4. Brandewynsous: Verhit die suiker, botter, kaneel en water in ’n kastrol tot die suiker opgelos is. Voeg die brandewyn en vanieljegeursel by.
  5. Skink die warm brandewynsous oor die gebakte poeding wat pas uit die oond gehaal is.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander