Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 20 min.

Lewer 15

125 g botter, versag

250 ml (1 k) bruinsuiker

3 groot eiers

500 ml (2 k) meel, gesif

10 ml (2 t) bakpoeier

125 ml (½ k) melk

Botterroomversiersel

250 g botter, kamertemperatuur

500 ml (2 k) versiersuiker, gesif

10 ml (2 t) melk

80 g springmielies, geskiet

Botterkaramelsous

160 ml (? k) room

200 ml (¾ k) bruinsuiker

50 g botter, in blokkies gesny

10 ml (2 t) vanielje-ekstrak

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n muffinpan met bakpapier uit.

  1. Room die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed ná elke byvoeging.
  2. Meng die gesifte meel en bakpoeier met die bottermengsel. Voeg die melk by en meng tot net gemeng. Skep in die bereide muffinpan en bak 20 minute of tot goudbruin.
  3. Haal die muffins uit die pan, pak hulle op ’n draakrak en laat heeltemal afkoel.
  4. Botterroomversiersel: Klits die botter tot donsig. Voeg die versiersuiker bietjie-bietjie by tot goed gemeng. Voeg die melk by en klits die versiersel tot donsig.
  5. Wanneer die kolwyntjies afgekoel het, versier dit met die versiersel en druk springmielies sagkens bo-op vas.
  6. Botterkaramelsous: Plaas die room, suiker en botter in ’n kastrol en verhit oor matige hitte. Roer 5 minutes of tot die suiker opgelos het. Verhoog die hitte en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut tot die sous verdik het. Roer die vanielje-ekstrak in en sit eenkant om effens af te koel.
  7. Bedruip die botterkaramelsous oor die springmielies.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander