Moenie waterige botterskorsie gebruik nie. Die koek kan twee dae in die yskas gehou word.

Lewer 1 groot rolkoek

Bereiding: 25 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

KOEK

5 groot eiers, geskei

160 ml strooisuiker

125 ml (½ k) fyn gemaalde

okkerneute

100 ml koekmeel

250 ml (1 k) botterskorsie,

geskil en gerasper

VULSEL

45 ml (3 e) versiersuiker

fyn gerasperde skil van

1 lemoen

30 ml (2 e) lemoensap

230 g roomkaas

bietjie versiersuiker gemeng

met ’n klein bietjie kaneel

vars bessies vir voorsit (opsioneel)

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smeer en voer ’n rolkoekpan van 32 x 22 cm met bakpapier uit.

  1. KOEK Klits die eiergele en strooisuiker tot liggeel en dik.
  2. Vou die okkerneute, koekmeel en gerasperde botterskorsie by.
  3. Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou dit by die meelmengsel in.
  4. Giet in die voorbereide pan en maak gelyk. Bak 20-25 minute tot gaar.
  5. Laat 5 minute afkoel, keer op ’n klam vadoek of ’n vel bakpapier uit, trek die papier ná 10 minute af, sny die kante netjies en rol op.
  6. VULSEL Meng die versiersuiker, lemoenskil en -sap en roomkaas saam.
  7. Rol die koek af en smeer die vulsel oor. Rol weer op.
  8. Plaas op ’n opdienbord. Sif die versiersuiker en kaneel oor en sit voor met vars bessies.