Lewer sowat 24 blokkies

Bereiding: 15 minute

125 ml (½ k) ingedampte melk

180 ml (¾ k) suiker

30 ml (2 e) botter

5 ml (1 t) vanieljegeursel

250 ml (1 k) sjokolade, gekap

500 ml (2 k) graanvlokkies

250 ml (1 k) klapper

125 ml (½ k) gekapte okkerneute

Smeer ’n bakplaat van 30 x 11 cm

  1. Meng die ingedampte melk, suiker en botter in ’n kastrolletjie. Roer, bring tot kookpunt en laat sowat 2 minute kook.
  2. Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel en sjokolade by. Roer tot die sjokolade gesmelt het.
  3. Voeg die graanvlokkies, klapper en neute by en meng deur.
  4. Druk op die voorbereide bakplaat vas en verkoel tot stewig. Sny in blokkies.