Lewer 10

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

110 g botter

80 ml (? k) strooisuiker

2 eiers

45 ml (3 e) melk

180 ml (¾ k) meel

7 ml (1½ t) bakpoeier

2 ml (½ t) neutmuskaat

125 g bloubessies

1    Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer 10 muffinpanholtes met kolwyntjiedoppies uit.

2    Klits die botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eiers een vir een by terwyl jy goed klits ná elke byvoeging.

3    Voeg die melk, meel, bakpoeier, neutmuskaat en bessies by.

4    Maak die doppies halfvol beslag en bak 20 minute of tot ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word.

-Hope Malau