Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 25 min.

DEEG

100 g botter, versag

80 ml (? k) bruinsuiker

375 ml (1½ k) meel

TERT

300 g bevrore bessies

30 ml (3 e) versiersuiker

3 eierwitte

250 ml (1 k) strooisuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

50 g pistachioneute, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-veer-tertpan.

  1. Deeg Klop die botter en bruinsuiker tot romerig. Voeg die meel geleidelik by en meng tot krummelrig.
  2. Druk die deeg in die bereide pan en bak 10 min. of tot goudbruin.
  3. Tert Plaas die bessies in n pot met 45 ml (3 e) water oor matige hitte tot ontvries. Druk die ontvriesde bessies deur ’n sif. Voeg die versiersuiker by die bessiesap en meng goed.
  4. Plaas die eierwitte in ’n bak en klits tot sagte punte vorm. Plaas oor ’n pot pruttende water en hou aan klits terwyl jy die strooisuiker lepel vir lepel byvoeg tot dik en glansend. Vou die vanielje in. Roer 15 ml van die bessiemengsel in.
  5. Stapel die mengsel op die afgekoelde deegdop, strooi die pistachioneute oor en giet nog van die bessiemengsel oor.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan