• Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Meng die bessies en 45 ml (3 e) strooisuiker sagkens en plaas 30 min. eenkant. Smeer ’n bakskottel van 20 cm met die botter en bestrooi met ekstra suiker. Skud die skottel om dit egalig met die suiker te bedek en keer dan enige oortollige suiker uit. 
  • Beslag Verhit die botter in ’n klein pan tot dit gesmelt het. Verwyder die pan van die hitte en sit eenkant op ’n warm plek. 
  • Klits die eiers, strooisuiker, gesmelte botter en vanieljegeursel saam in ’n groot bak tot romerig. Voeg die meel by en klits tot glad. Meng die melk en sout stadig in.
  • Meng die suikerbedekte bessies by die beslag in en giet in die bereide bak. Bak 30 min. 
  • Laat staan vir 30 min.

VIR VOORSIT

Bestuif met versiersuiker en sit warm voor.