GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

Koek

30 ml (2 e) droë klapper, ekstra vir bestrooi

4 eiers

500 ml (2 k) strooisuiker

250 ml (1 k) olie

10 ml (2 t) vanieljegeursel

80 ml (? k) kakaopoeier

500 ml (2 k) meel

20 ml (4 t) bakpoeier

250 ml (1 k) kookwater

Ganache

400 g melksjokolade

200 ml (¾ k) room

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 20 cm-koekpan.

  1. Koek Versprei die klapper oor die basis van die koekpan. Meng die eiers en strooisuiker in ’n bak tot die suiker opgelos het. Voeg die olie en vanieljegeursel by en meng goed. Sif die kakao, meel en bakpoeier en voeg dit by die eiermengsel. Meng goed en voeg die water by. Meng deeglik en giet die beslag in die koekpan.
  2. Bak 30 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  3. Ganache Plaas die sjokolade en room in ’n kastrol oor lae hitte. Roer aanhoudend tot die sjokolade gesmelt is en ’n gladde samestelling het. Giet die ganache oor die koek en smeer dit om die kante tot goed bedek. Bestrooi met ekstra klapper.

Deur Hope Malau