LEWER 1 koek

Bereiding: 20 min.

Baktyd: 85 min.

Koek

250 g botter of margarien

250 ml (1 k) suiker

3 eiers, geskei

1 pak (200 g) waterbeskuitjies, fyngedruk

200 g sprinkelgrondbone

knippie sout

10 ml (2 t) bakpoeier

125 ml (½ k) koekmeel

250 ml (1 k) melk

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Versiersel

1 blik (365 g) karamelkondensmelk

125 ml (½ k) styfgeklopte room

Peppermint Crisp-sjokolade, gefrummel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n koekpan van 20 cm.

  1. Koek Klop die botter of margarien en suiker tot lig en romerig. Voeg die eiergele een-een by en klits goed ná elke byvoeging.
  2. Meng die beskuitjies, grondbone, sout, bakpoeier en koekmeel. Vou om die beurt met die melk by die bottermengsel in.
  3. Klits die eierwitte en vanieljegeursel saam styf en vou by die mengsel in.
  4. Skep in die koekpan en bak 85 min. tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat die koek in die pan afkoel.
  5. Keer uit en sny in drie lae.
  6. Versiersel Smeer elke laag met die karamelkondensmelk en stapel die lae opmekaar. Smeer die room bo-op en stapel die sjokolade op die room.