Lewer 1 groot tert

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: 40-50 minute

Staantyd: 30 minute

KORS

250 g botter

30 ml (2 e) suiker

1 eier

500 ml (2 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

3 ml (ruim ½ t) sout

3 ml (ruim ½ t) vanieljegeursel

VULSEL

80 ml (¹/³ k) fyn amandels

2 blikke (385 g elk) tertappels

45 ml (3 e) appelkooskonfyt

ekstra strooisuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n riffeltertpan van 23 x 4 cm.

  1. KORS Room die botter en suiker. Klits die eier by.
  2. Sif die droë bestanddele saam en meng saam met die vanieljegeursel by die bottermengsel in.
  3. Meng goed tot ’n deeg, vorm in ’n bol, draai in kleefplastiek toe en verkoel 30 minute in die yskas.
  4. Hou ’n derde van die deeg eenkant. Rol die res van die deeg in ’n lang dun rol, sny in skywe, pak in die tertpan en druk op die boom en teen die kante vas. Sny die rante netjies.
  5. VULSEL Sprinkel amandels oor die deeg. Skep die tertappels op die deeg. Stip hier en daar met ’n bietjie appelkooskonfyt en sprinkel strooisuiker oor.
  6. Rasper die res van die deeg oor. Bak 40-50 minute of tot goudbruin. Besprinkel met strooisuiker. Verwyder versigtig uit die tertpan en sit voor met room.