LEWER 1 TERT VAN 25 CM

Bereiding: 50 minute

Baktyd: 40 minute

Staantyd: 45 minute altesaam

Kors

250 g koekmeel

50 g parmesaankaas, gerasper

125 g koue botter, gekap

2 eiers

Vulsel

350 g briekaas, grof gekap

150 g ricottakaas

300 ml dik room

2 eiers

2 eiergele

sout en peper na smaak

3 bondels vars aspersie, netjies gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertpan of bak van 25 cm.

  1. Kors Plaas die meel, parmesaan en botter in ’n voedselverwerker en pols tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die eiers by en pols tot ’n deeg vorm.
  2. Verwyder uit die verwerker, bedek met kleefplastiek en laat 30 minute in die yskas rus.
  3. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en verkoel nog 15 minute in die yskas.
  4. Vulsel Plaas die brie, ricotta, room, eiers en eiergele in die voedselverwerker en verwerk tot glad. Geur na smaak en giet op die kors.
  5. Plaas die aspersies bo-op en bak 40 minute tot gestol.