Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

KORS

400 g skilferkorsdeeg

2 Granny Smith-appels,

geskil, ontstronk en in

dun skyfies gesny

25 ml (5 t) botter, gesmelt

15 ml (1 e) strooisuiker

versiersuiker vir oorsprinkel

VLAVULSEL

250 ml (1 k) melk

2 eiergele

25 ml (5 t) suiker

15 ml (1 e) mielieblom

knippie sout

3 ml (ruim ½ t) vanieljegeursel

KARAMELSOUS

50 g botter

90 ml (6 e) strooisuiker

250 ml (1 k) room

roomys vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat liggies.

  1. KORS Druk 8 sirkels van 8 cm in deursnee uit die skilferdeeg.
  2. Prik dit met ’n vurk en plaas op die voorbereide bakplaat.
  3. Pak die appelskyfies boop die deegsirkels.
  4. Smeer die botter met ’n kwas oor en sprinkel die strooisuiker oor.
  5. Bak sowat 15 minute tot die kors bros en die tertjies bruin is.
  6. VLAVULSEL Verhit die melk tot net onder kookpunt.
  7. Klits die eiergele, suiker, mielieblom en sout saam en roer die melk stadig in. Verhit die mengsel oor baie lae hitte tot die vla dik is terwyl aanhoudend geroer word.
  8. Verwyder van die hitte en roer die vanielje by. Laat heeltemal afkoel.
  9. SOUS Smelt die botter en suiker oor lae hitte terwyl gedurig geroer word. Hou aan roer tot die karamel ’n ryk karamelkleur het.
  10. Verwyder van die plaat en roer die room versigtig by. Plaas terug op die hitte en laat nog 5 minute prut terwyl gedurig geroer word.
  11. Plaas 4 van die tertjies op dessertborde, skep van die vlavulsel boop en bedek met die orige tertjies.
  12. Sit dit voor saam met room of roomys en die karamelsous.

WENK

Wanneer jy die karamelsous maak, moet jy die room net effens verhit en dit dan stadig by die botterkaramel inroer. Dit voorkom dat die mengsel klont. As die mengsel wel klontjies vorm, kan jy net aanhou om dit oor lae hitte te roer tot die klonte gesmelt het.