GENOEG VIR 6 MENSE

Gaarmaak: 35 min.

Bereiding: 10 min.

30 g botter

250 ml (1 k) suiker

3 eiers

60 ml (¼ k) melk

250 ml (1 k) bruismeel

5 ml (1 t) bakpoeier

3 appels

Sous

10 ml (2 t) vanieljegeursel

250 ml ingedampte melk

250 ml (1 k) suiker

Voorverhit die oond tot 180 ° C.

  1. Klits die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers by en meng goed. Voeg die melk, bruismeel en bakpoeier by en meng tot die deeg glad is. Verwyder die stronk en saadhuls van die appels en sny in dun skywe.
  2. Gooi die beslag in ’n gesmeerde oondbestande pan. Pak die appelskywe eweredig oor die deeg. Plaas in die oond en bak sowat 35 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  3. Sous Plaas al die bestanddele vir die sous in ’n middelslag-kastrol en bring tot kookpunt. Gooi die warm sous oor die poeding wanneer dit uit die oond kom.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander