GENOEG VIR 6 MENSE

Rys: 1 uur 20 min.

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 35 min.

1 L meel (250 ml x 4)

10 g droë gis

100 g botter, teen kamertemperatuur

125 ml (½ k) strooisuiker

skil van 1 suurlemoen

5 ml (1 t) fyn kardamom

1 eier

250 ml (1 k) warm melk

BOLAAG

400 g-blik appelkose

200 g botter, in blokkies gesny

100 g amandelvlokkies

60 ml (¼ k) versiersuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n ronde, oondvaste bak.

  1. Sif die meel in ’n groot mengbak. Voeg die gis en botter by en vryf deur met jou vingers. Voeg die strooisuiker, suurlemoenskil, kardamom, eier en warm melk by en knie om ’n sagte deeg te vorm. Bedek en laat 1 uur rys of tot die grootte verdubbel het.
  2. Bolaag Knie die deeg af en plaas in die oondvaste bak. Druk die appelkose bo-op die deeg. Maak holtes in die deeg en plaas die botterblokkies in elke holte. Bestrooi met die amandels en versiersuiker. Bedek en laat 20 min. rys.
  3. Maak die brood oop en bak 35 min. of tot goudkleurig.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan