Genoeg vir 6

Gaarmaak: 35 min.

Bereiding: 15 min.

3 appels, geskil en in skywe gesny

sap van ½ suurlemoen

50 g botter

310 ml ligbruinsuiker

330 ml (1? k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

2 ml (¼ t) koeksoda

5 ml (1 t) kaneel

2 eiers

80 ml (? k) olie

250 ml (1 k) melk

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Mengel die appels in die suurlemoensap en sit eenkant. Smelt die botter in ’n 20 cm oondvaste braaipan oor lae hitte. Roer die helfte van die suiker in en kook 2 min. terwyl jy roer of tot die suiker opgelos het.
  2. Lê die appels in die pan neer sodat dit oorvleuel. Verwyder van die hitte en sit eenkant. Sif die meel, bakpoeier en koeksoda in ’n groot bak. Roer die kaneel en oorblywende suiker in.
  3. Klits die eiers, olie en melk in ’n aparte bak. Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en vou in met ’n houtlepel.
  4. Giet die beslag oor die appels in die pan. Bak 30 min. of tot ferm en gaar. Laat die koek 5 min. in die pan afkoel en keer dit dan uit op ’n opdienbord.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller