Lewer 1 koek (10 snye)

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 50 minute

KORS

200 g gemmerkoekies, gekrummel

60 ml (¼ k) botter, gesmelt vulsel

3 appels, geskil en ontstronk

60 ml (¼ k) suiker

30 ml (2 e) botter

30 ml (2 e) room

1 houer (230 g of 250 g) roomkaas

125 ml (½ k) suiker

2 eiers

250 ml (1 k) suurroom

sap en gerasperde skil van

1 suurlemoen

BOLAAG

125 ml (½ k) koekmeel

60 ml (¼ k) sagte bruinsuiker

1 ml (¼ t) gemmer

60 ml (¼ k) botter

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n 20 cmveerklamppan uit met bakpapier. Smeer die papier.

  1. KORS Meng die koekiekrummels en gesmelte botter goed en druk dit op die boom van die voorbereide pan vas.
  2. VULSEL Sny die appels in skywe van 8 mm dik. Verhit die appelskyfies, suiker en botter in ’n pan oor matige hitte en soteer die appels 3-5 minute tot sag. Voeg die room by en laat nog 5 minute prut; hou eenkant.
  3. Klits die roomkaas en suiker tot glad. Klits die eiers een vir een by tot net gemeng. Klits die suurroom, suurlemoenskil en -sap by.
  4. Rangskik die appelskyfies oor die kors en giet die kaasmengsel oor.
  5. BOLAAG Meng al die bestanddele van die bolaag tot krummelrig en sprinkel oor die vulsel. Bak 45 minute of tot net gestol. Laat heeltemal afkoel en plaas minstens 4 uur in die yskas voor dit voorgesit word.