GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 50 min.

KOEK

420 g meel

5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) kaneel

1 ml (¼ t) sout

3 eiers

420 g strooisuiker

375 ml (1½ k) olie

80 ml (1/3 k) sterk rooibostee

3 groen appels, gekap

150 g pekanneute, gekap

10 ml (2 t) vanieljegeursel

STROOP

80 ml (? k) suiker

45 ml (3 e) water

1 rooibosteesakkie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Koek Sif die meel, koeksoda, kaneel en sout saam. Klits die eiers in ’n aparte bak.
  2. Voeg die suiker, olie en rooibostee by die eiers en hou 3 min. aan met klits. Roer die droë bestanddele geleidelik by. Vou die appels, pekanneute en vanieljegeursel in. Giet die beslag in ’n gesmeerde veerpan en bak 50 min. in die oond. Laat afkoel.
  3. Stroop Plaas die suiker, water en teesakkie in ’n klein pot en bring tot kookpunt. Sit 5 min. eenkant om af te koel. Giet oor die koek en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander