Bereiding: 10 minute

Baktyd: 30 minute

Genoeg vir 6 of meer mense

500 ml (2 k) meel

500 ml (2 k) strooisuiker

5 ml (1 t) koeksoda

2,5 ml (½ t) sout

250 ml (1 k) botter

30 ml (2 e) kakaopoeier

125 ml (½ k) water

2 eiers

125 ml (½ k) amasi

2, 5 ml (½ t) vanieljegeursel

VERSIERSEL

60 ml (¼ k) botter

45 ml (3 e) kakaopoeier

45 ml (3 e) amasi

560 ml (2¼ k) versiersuiker, gesif

2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n bakplaat en sit eenkant.

Meng die meel, suiker, koeksoda en sout.

Meng die botter, kakaopoeier en water in ’n middelslag-kastrol.

Bring die mengsel net-net tot kookpunt, roer aanhoudend en verwyder van die hitte.

Voeg die sjokolademengsel by die meelmengsel.

Klits met ’n menger op mediumspoed tot gemeng.

Voeg die eiers, amasi en vanielje by.

Klits nog 1 minuut en gooi in die voorbereide pan.

Bak 30 minute of tot ’n tandestokkie skoon uitkom.

VERSIERSEL

Meng die botter, kakao en amasi in ’n klein kastrol en sit vir 5 minute op mediumhitte.

Verwyder van die hitte en voeg dan die versiersuiker en vanielje by.

Giet die warm sjokolade-amasi-versiersel oor die warm bruintjies en versprei egalig.

Laat afkoel en sny in stafies.

Volg Huisgenoot op Twitter.