Lewer 1 koekbrood

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

KOEK

60 ml (¼ k) kakao

125 ml (½ k) kookwater

3 eiers

60 ml (¼ k) olie

220 ml suiker

250 ml (1 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

2 ml (½ t) sout

STROOP

250 ml (1 k) suiker

250 ml (1 k) water

60 ml (¼ k) Amarula-likeur

VERSIERSEL

styfgeklitste room en sjokoladeblare

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smeer ’n broodpan van 29 x 13 x 6 cm goed met margarine of spuit met kossproei. Bestuif met koekmeel.

  1. KOEK Meng die kakao en kookwater goed saam.
  2. Klits die eiers, olie en suiker saam. Voeg die kakaomengsel by en meng goed.
  3. Sif die droë bestanddele saam en meng dit met die kakaomengsel. Giet in die pan en bak 30 minute of tot gaar.
  4. STROOP Kook die suiker en water 5 minute saam. Voeg die likeur by. Giet oor die warm koek en laat afkoel.
  5. VERSIERSEL Sny die koek in skywe en sit voor met die room en sjokoladeblare.

WENK

Maak sjokoladeblare: Smelt donkersjokolade in die mikrogolfoond of in ’n glasbak oor ’n kastrol met kookwater. Was blare soos roosblare goed af en smeer die sjokolade aan die agterkant van die blare. Laat staan tot stewig. Begin by die puntjie en trek die blaar versigtig af.