Lewer 1 koek

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 35-40 minute

KOEK

4 ekstragroot eiers

160 ml (²/³ k) heuning

160 ml (²/³ k) heelkoringmeel

2 ml (½ t) sout

750 ml (3 k) pitlose rosyne

300 ml fyn amandels

OM VOOR TE SIT

geklopte room en ekstra

heuning vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n pan van 30 x 24 x 5 cm met kossproei. Voer die bodem met bakpapier uit.

  1. KOEK Klits die eiers in ’n mengbak tot lig. Voeg die heuning geleidelik by en klits goed.
  2. Meng die meel, sout, rosyne en amandels goed saam. Vou in by die eiermengsel.
  3. Skep in die voorbereide pan en maak gelyk. Bak 35-40 minute of tot gaar.
  4. OM VOOR TE SIT Sit louwarm voor met room en ekstra heuning.

WENK

Vervang die rosyne met aalbessies of korente. Kap okkerneute fyn pleks van amandels.