1 TERT VAN 30 CM

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 45 minute

4 eiers

50 g botter

250 ml (1 k) suiker

75 g koekmeel

knippie sout

2 ml (½ t) bakpoeier

500 ml (2 k) melk

250 ml (1 k) droë klapper

5 ml (1 t) vanieljegeursel

kaneel vir oorstrooi

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertbak van 30 cm.

  1. Meng al die bestanddele. Skep in die tertbak en strooi die kaneel oor.
  2. Bak 45 minute tot gepof en gestol.

WENK

Rooster ’n bietjie klapper op ’n bakplaat in die oond. Roer dit elke af en toe om te voorkomdat dit brand. Sprinkel dit oor die tert pleks van die kaneel.