Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Verkoeltyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 25 minute

DEEG

120 g botter, saggemaak

250 g aartappels, gekook en fyngemaak

500 ml (2 k) meel

1 eiergeel

10 ml (2 t) bakpoeier

VULSEL

60 g botter

3 rooi uie, in skywe gesny

30 ml (2 e) bruinsuiker

100 g mozzarellakaas, in skywe gesny

500 g baba-aartappels, in dun skywe gesny

olie vir bedruip

sout en peper

1.    Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag- oondvaste bak.

2.    Meng al die deegbestanddele en knie tot sag.

3.    VULSEL: Verhit die botter in ’n pan oor lae hitte. Voeg die uie by en soteer tot sag. Voeg die suiker by en roer tot die uie gekaramelliseer het.

4.    Druk die deeg aan die bodem en teen die kante van die bak vas, prik met ’n vurk en verkoel ’n uur in die koelkas.

5.    Rangskik om die beurt lae van kaas en aartappelskywe in die tertdop en eindig met ’n laag kaas.

6.    Bedruip met olie, geur met sout en peper en sprei die uie bo-oor uit.

7.    Bak 15 minute of tot goudkleurig. Geniet saam met ham en groen groente.

- Carmen Hendricks