Lewer 18

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 10 min.

230 g botter, versag

375 ml (1½ k) ligbruinsuiker

2 eiers

2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

750 ml (3 k) meel

5 ml (1 t) koeksoda

’n knippie sout

200 g melksjokolade, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.

  1. Verroom die botter en suiker in ’n mengbak tot lig en donsig. Voeg die eiers en vanieljegeursel by en meng.
  2. Sif die meel, koeksoda en sout saam en voeg dit by die bottermengsel. Meng en vou die sjokolade in.
  3. Vorm ronde balletjies, druk op die bakplaat en bak 10 min. Haal uit en plaas op ’n afkoelrak.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller