LEWER 4-6 GLASIES

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

500 ml (2 k) melk

200 g donkersjokolade, fyn gekap

30 ml (2 e) fyn kaneel

250 ml (1 k) room

200 g witsjokolade, fyn gekap

  1. Verhit die melk tot kookpunt in ’n mikrogolfvaste glasbak in die mikrogolfoond teen volle sterkte. Voeg die donkersjokolade by en roer tot glad. Voeg die kaneel by en meng goed.
  2. Verhit die room tot kookpunt in die mikrogolfoond in ’n ander glasbak. Voeg die witsjokolade by en roer tot glad.
  3. Verdeel die donkersjokolade tussen glasies en giet die witsjokolade versigtig bo-oor.