SUURLEMOEN-YSTEE

Rooibos-ystee is vol antioksidante en die suurlemoen verskaf ’n verfrissende geur. Dis ideaal vir die warmer weer wat voorlê.

Maak 5 liter (20 x 240 ml); Bereiding: 10 minute; Koste: 67c per glasie; Verpakking: plastiekglasies met deksels

5 liter kookwater; 20 rooibosteesakkies; 200-300 ml bruinsuiker; 225 ml suurlemoensap, verkieslik vars uitgedruk

Laat trek die sakkies in die kookwater tot dit sterk is. Dreineer en roer die suiker by. Laat dit afkoel en roer die suurlemoensap by. Verkoel tot dit benodig word.