Bestanddele

  • 80 ml Pimm’s
  • 15 ml suurlemoensap
  • aarbeie en appel, in klein blokkies gesny
  • kruisementblaartjies
  • limonade en sodawater
Metode

  1. Plaas die Pimm’s en sap in ’n beker.
  2. Voeg die vrugte en heelwat kruisementblaartjies by en verkoel tot net voor opdiening.
  3. Vul aan met limonade en sodawater na smaak en voeg ys by.

Genoeg vir 6 mense