Genoeg vir 2-4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: Geen

5 skeppe vanieljeroomys

45 ml (3 e) melk

45 ml (3 e) natuurlike jogurt

5 malvalekkers

45 ml (3 e) sjokoladesous

  1. Meng die roomys, melk en jogurt in ’n voedselverwerker en verwerk tot gemeng.
  2. Voeg die malvalekkers by en verwerk tot net stukkend en egalig versprei.
  3. Spat die sjokoladesous in elkeen van die opdienhouers, gooi die melkskommel in en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers