Maak 1,25 liter (7 x 175 ml)

Bereiding: 10 minute

4 piesangs, geskil en in stukkies gesny

250 ml (1 k) pynappelstukkies

500 ml (2 k) vrugtesap

250 ml (1 k) vrugte van jou keuse

Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Verkoel en gooi in glasies net voor opdiening.

Vir koejawelskommel: Gebruik 250 ml koejawelstukkies en koejawelsap.

Vir mango-en-lemoenskommel: Gebruik 1 blik mango’s, gedreineer, 2 lemoene, in segmente gesny, en 200 ml lemoensap.